Local newsNewsNews

Pryse op die spel in Vaalweekblad Bruid van die Jaar-kompetisie

Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 kompetisie is volstoom aan die gang. Inskrywings is gratis! Ons wil graag met die bruide spog, so moenie gras onder jul voete laat groei nie.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurhaak, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.

Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en is sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button